Ons glo dat die hele Bybel deur
God geinspireer is en dat dit die onveilbare Woord van God is.
Ons glo dat daar Een God is vir
ewig en altyd. Vader, Seun en
Heilige Gees.
Ons glo in die Heerskappy van
Jesus en dat Hy deur n maagd gebore is.
Ons glo in sy sondelose lewe en al Sy wonderwerke. Ons glo dat sy bloed gevloei het vir
ons versoening. Ons glo in sy
opstanding en die opvaarding na die regterhand van die Vader en sy wederkoms in
krag en heerlikheid.
Ons glo in die hernuwing deur die
Heilige Gees heeltemal noodsaaklik
is vir die saligheid van die verlore en sondige mens.
Ons glo in huidige bediening van
die Heilige Gees waardeur die Christen n godelike lewe kan leef.
Ons glo in die opstanding van die
saliges en die wat verlore is, die wat salig is tot die ewige lewe en die wat
verlore is tot die ewige dood.
Ons glo in eenheid van die
gelowiges in Christus en ons eenheid word bewys die liefde wat ons vir mekaar
het.